cft_logo_animate.gif (16428 bytes)

Christians for Truth

       

 


AGM
CFT Beliefs
Christian News
Newsletter
Q & A
Actions
Articles
Links
Contact
President
Audio
                        

Jul - Aug 2002


Indeks:

HEMELVAARTDAG GEËER

"U het krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs dié wat teen U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God!" Psalm 68:19
Ter viering van Hemelvaartdag, is 'n massabyeenkoms op die trappe van die stadsaal in Durban op 9 Mei tussen 11 vm en 2.30 nm gehou.
Hoewel Hemelvaartdag nie meer 'n openbare vakansiedag is nie, heg Christene nog waarde aan die herdenking van Christus se hemelvaart. Christene vir die Waarheid (CFT), en die "Concerned Ministers Outreach Forum" wat die aksie gekoördineer het, het ook alle kerke aangemoedig om dienste op die dag te hou. Ds Derrick King (CFT) het opgemerk: "Ons as Christene voel dat Hemelvaartdag 'n hoogtepunt op die Christelike kalender is, waar ons herdenk hoe die verrese Christus opgevaar het na die hemel, en nou Here is oor alle dinge. Dieselfde Christus sal op soortgelyke wyse terugkeer."
Verteenwoordigers van 9 verskillende kerke en Christengroepe het die aksie bygewoon. Die skare van ongeveer 400 is deur verskillende sprekers toegespreek, en daar was 'n paar musiekitems. Die sprekers het hulle besorgdheid uitgespreek oor die verwydering van die Christelike vakansiedag uit die Suid-Afrikaanse kalender. Die gebeure was daarop gerig om die volk daaraan te herinner dat Hemelvaartdag 'n belangrike dag is, waarop ons die hemelvaart en Koningskap van Christus herdenk (Efesiërs 1:19-21, Filippense 3:10).
Goeie reaksie is van die publiek ontvang, met 'n aantal mense wat die begeerte uitgespreek het om vrede met God te maak.
Op 8 Mei het die organiseerders 'n paar duisend pamflette met inligting oor Hemelvaartdag versprei.

DIE EUWEL VAN ROCK & ROLL EN POPMUSIEK

Om te verstaan waarom Rock- en Popmusiek so boos is, is dit nodig om die wortels daarvan na te vors. As die wortels van 'n boom sleg is, is die boom ook sleg.
Ons kan argumenteer tot by die wederkoms van die Here i.v.m. die verskillende kunstenaars, tipes musiek, lirieke en style, maar dis tevergeefs. Ons moet die geskiedenis van Rockmusiek navors.
Voordat ons by ruk-en-pluk uitkom, moet ons sien wie daaraan geboorte gegee het, wie die vader is en waar dit ontstaan het.
Vroeg in die 20-ste eeu, omtrent 1904 was daar 'n man, Aleister Crowley wat 'n boek geskryf het, genaamd "The Book of the Law". Crowley was die vader van die hedendaagse Satanisme en het die boek geskryf as basis vir Satanisme en die New Age-beweging. Crowley was 'n homoseksueel en het sy familie gehaat. Hy het gesê dat die familie die grootste vyand van sy ideale vir die wêreld is.
In Matteus 22 is Jesus gevra wat die grootste gebod is en Hy het geantwoord: om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, en jou naaste soos jouself, is die grootste gebod en dat die hele wet in hierdie gebod saamgevat is.
Aleister Crowley het sy boek opgesom met die woorde "Doen wat jy wil is die hele wet".
Hierdie "Doen wat jy wil" het die hoeksteen geword van Rock- en Popmusiek.
Al het Aleister Crowley nie lank genoeg geleef om Rock & Roll te sien nie, het hy die weg berei. Hy is in 1947oorlede.
Hy het skokkende uitlatings gemaak wat waar geword het:
"Ek sê vandag: Hel toe met die Christendom… ek sal 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde bou. Ek wil godslastering hê, moord, verkragting, revolusie, enigiets slegs."
Crowley het geleer dat mens 'n musikale genie kan word deur Satanisme te beoefen.
Om te bewys wat hy gesê het: 'n Afro-Amerikaner genaamd Robert Johnson wou a musikant word. Dit was gedurende die 40-en 50-er jare en hy het homself bevind as 'n hopelose musikant. Een dag het hy 'n verbond met satan gemaak en sy siel aan hom verkoop op 'n kruispad in Amerika. Nadat hy dit gedoen het, het hy skielik verrys as 'n genie in musiek.
Crowley het 'n spesifieke plan gehad wat hy wou implimenteer:

  1. Die aanvaarding van die credo van die Nuwe Era, "Doen wat jy wil, is die (vervulling van die) hele wet.
  2. Begin 'n Dwelmrevolusie.
  3. Begin 'n Seksrevolusie.
  4. 'n Saamvoeging van Westerse okkultisme en Oosterse mistiek.
  5. Bring 'n rebellie teweeg teen alle gevestigde gesag, veral die Christelike.
  6. Vestig die Nuwe Wêreld Orde onder die Antichris.

Crowley se leer, veral die credo 'Doen wat jy wil', is aanvaar en bespoedig deur Rock-sterre van die vroegste tye tot vandag.
Robert Johnson is vandag nie 'n bekende naam nie, alhoewel hy bekend staan as die vader van Rock & Roll.
'Bill Haley en die Comets' is die groep wat Rock & Roll in die 50-er jare populêr gemaak het; hulle is bekend as die Trojaanse perd van Rock & Roll.
Elvis Presley, die koning van Rock & Roll, was die eerste om onsedelikheid verhoog toe te bring.
Die Beatles was op hulle dag bekend as die Vier Evangeliste van Rock-musiek. Dit was grootliks deur hulle dat Rock so populêr geword het soos dit vandag is.
Die Beatles is deur satan gebruik om met hulle musiek 'n geslag jong mense van die Christendom weg te lei. Hulle het selfs gesê dat hulle meer gewild is as Jesus Christus.
Hulle het met 'n slu sprong hulle eerste skuif gemaak. George Harrison het omtrent sy lied 'My sweet lord' gesê:
"My motief in 'My sweet lord', juis omdat dit soos 'n ‘pop’-liedjie klink, is om stilletjies in te sluip. Die idee was om die mense sover te kry om nie aanstoot te neem teen die 'Halleluja' nie en teen die tyd wat die woorde 'Hare krishna' gesing word, is hulle reeds gevang, hulle voet tik saam op maat van die musiek en hulle sing reeds 'Halleluja' gesus in 'n valse sekuriteit. As dit dan skielik verander na 'Hare krishna', het hulle dit al saamgesing voordat hulle weet, en kom dan tot die ontdekking: 'Ek dog ek was nie veronderstel om van Hare krishna te hou nie!'
In die Bhavagad Gita beskryf Krishna homself as volg:
Ek is die heer van vernietiging
Die slang van die ewigheid
Die prins van demone.
So maak die duiwel dit baie duidelik dat hyself agter Rockmusiek sit. Hy het ons bekruip en ons glo dit nie.
Neil Young, 'n vroeë Rock-ster, het die volgende gesê:
Hey, Hey, My, My, Rock & Roll sal nooit sterf nie. Daar steek meer daarin as wat op die oog af sigbaar is.
Anton la Vey, stigter van die kerk van satan, het gesê:
Satan het altyd die beste musiek gehad. Musiek kan mense inspireer tot moord en geweld. Dit kan hulle aanhits om op 'n winkelsentrum vol mense te skiet.
David Bowie, 'n homoseksueel en beroemde Rock-ster, het gesê:
Rock was altyd die duiwel se musiek, jy sal my nie oortuig dat dit anders is nie.
Spencer Dryden, van die Rock-groep Jefferson Starship, het gesê:
Ons musiek is daarop uit om die generasiegaping te vergroot en kinders van hul ouers te vervreem. Kry hulle as hulle jonk is, en buig hulle denke.
Jimi Hendrix, die beste elektriese ghitaarspeler in die Rock-wêreld, het gesê:
Ek kan alles beter verduidelik met musiek. Mens hipnotiseer hulle en as jy hulle op hulle swakste het, kan jy in hulle onderbewussyn preek met wat jy wil sê.
Marilyn Manson, Satanistiese hoëpriester en Rock-ster, het gesê:
Ek weet nie of enigiemand regtig verstaan het wat ons probeer doen nie… om mense in te lok. Sodra ons hulle het, kan ons hulle ons boodskap gee.
Dus uit die monde van die Rock-kunstenaars self, is dit die duiwel se musiek. Hoe kan 'n Christen iets probeer verdedig wat die duiwel opgeëis het as sy eiendom.
Musiek is baie kragtig, dit was nog altyd 'n medium wat mense op die een of ander manier beïnvloed het.
En daarby, musiek word veral op kinders geteiken.
Professor Alan Bloom het in sy boek "The clothing of the American mind" gesê, "Nog nooit was daar 'n kunsvorm so duidelik, eksklusief op kinders gerig nie. Die musiekbesigheid is eiesoortig, slegs in die aspek dat dit amper uitsluitlik vir die kinders voorsiening maak."
Eddy Manson het die volgende gesê:
Musiek word oraloor gebruik om die mens se gedagtegang te kondisioneer. Dit kan so sterk funksioneer soos 'n dwelmmiddel en is baie gevaarliker omdat niemand ernstige besware het oor musikale manipulasie nie.
Rock staan nie alleen in hierdie era nie, ander musiek soos Rap, Techno of Rave en selfs ‘Country Music' dra dieselfde boodskap: "Doen wat jy wil."
Al hierdie tipes musiek dra 'n boodskap en speel 'n rol in die Dwelm- en Seksrevolusie van die Westerse wêreld.
Conway Twitty, a 'Country' kunstenaar het toegegee:
"As 'n 'country'-kunstenaar, is ek nie trots op 'n hele paar dinge (in my beroepsveld) nie. Dit is ongetwyfeld so dat ons bydra tot die morele verval in Amerika."
(Deur John Powys)

OORDENKING – PERSOONLIKE BOODSKAP VAN CFT-PRESIDENT

My liewe vriende,
'n Paar weke gelede het Eerwaarde C.S. Ntuli, President van die 'United National Church' (Luthers), en sy vrou, my besoek. Ons ken mekaar sedert ons hoërskooldae - hy was my onderwyser. Toe reeds het ons saamgewerk in verskillende skoolaktiwiteite. Later het hy inspekteur van skole geword. Hy het vroeg afgetree om in die bediening in te gaan. Ons het huisvriende geword en waar ons ookal bymekaar uitkom, word daar diepgaande oor die dinge van die Here gedeel.
Soos u kan begryp, is my siekte 'n saak wat die Ntuli’s diep raak. Gedurende hulle laaste besoek het Eerwaarde Ntuli 'n roerende gebed gebid. 'n Frase wat hy telkens herhaal het, bly steeds in my gedagte. Hy het die Heer gedank vir die vreugde wat hulle ervaar het om te sien hoe die Here my gebruik het. Hy het Hom gedank vir die oorvloedige energie wat ek gedurende hierdie jare ontvang het… en toe sê hy, "Sasingakukhokhelanga mali…" (ons het geen geld hiervoor betaal nie).
Die gedagte wat hy wou oordra was: Ondanks ons dankbaarheid vir die verskillende gawes wat die Here aan ons gee, mag ons dit nie terugeis as Hy dit in Sy wysheid wegneem, asof ons daarvoor betaal het nie.
Vriende, hy is reg!
Job som hierdie waarheid met dié woorde op, toe hy alles verloor het: "Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!" (Job 1:21)
Wanneer 'n mens 'n degeneratiewe siekte het, kyk jy hulploos toe wanneer "jou" bekwaamhede verminder soos die siekte veld wen. Mens kyk na foto's en onthou voorvalle en jy vra: "Het ék dit gedoen?" Een van die dinge wat ek myself afgevra het, was "Het ek Tafelberg uitgeklim?" Ek weet ek het, maar as ek vandag na my liggaam kyk, lyk dit asof dit te goed was om waar te wees.
Die versoeking is daar om te treur oor wat jy gehad het, om te draai, God te vloek en te sterf (soos die geval van die bekende Engelse dame wat dieselfde siekte as ek het - MND), maar oorwinning lê daarin om die harde feite te aanvaar en God die eer te gee. In die eerste plek het Hy aan ons, in Sy goedheid, die gawes en vermoëns gegee. "Sasingakukhokhelanga mali…"
Dus, as u vir my bid, en vir andere in hulle beproewinge, dan weet u wat om te bid. As ons Heer krag van Bo nodig gehad het om Sy lyding te dra, hoeveel te meer nie ons, arme sterwelinge nie!
'n Geseënde week vir u.
Voorwaarts!
In Sy liefde
Fano Sibisi

BELANGRIKE DATUMS:

  • 5 - 12 Julie 2002 - KwaSizabantu Jeugkonferensie: Onthou asb. beddegoed en eetgerei. Vir meer besonderhede kontak (032) 481-5500.
  • 9 Augustus 2002 - Aksies op Nasionale Vrouedag
  • 6 - 8 September 2002 - CFT Algemene Jaarvergadering. Onthou asseblief beddegoed. Vir meer besonderhede kontak (032) 481-5512.

ASMAL ERKEN JOU REGTE, OUER!

Cheryllyn Dudley, LP van die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP), het op 23 April gesê dat dit onder haar aandag gekom het dat "hoewel die aanstootlike materiaal, inhoud en organisasie wie se aanbod aanvaar is vir geslagsvoorligting op skool, nie verander het nie, het besorgde burgers wat hierdie sake betwis het, duidelik sukses behaal."
Minister Kader Asmal is deur SAPA aangehaal dat hy op 15 April 2002 sou gesê het: "Daar is geen seksopvoeding nie, hoewel ons 'n seksbewustheid aanmoedig, wat noodsaaklik is sover dit seksuele misbruik en HIV/Vigs betref."
"Daar is geen godsdienstige indoktrinasie nie, maar ons moedig leerlinge aan om bewus te wees van die volle verskeidenheid van die Suid-Afrikaanse samelewing: die ryk samestelling van rasse, etniese- en taalgroepe, en die baie godsdienstige geloofsrigtings waaruit hierdie land bestaan," het hy gesê.
"...Ons skryf in werklikheid geen rigting voor nie, ons doel is net om te verseker dat kinders goed voorberei is vir verdere opleiding, deurdrenk met die waardes wat ons as nasie waardevol ag, en met respek teenoor ander mense." Onderwysers sal die inhoud bepaal. "As enigiets van hierdie materiaal aanstootlik is vir ouers, moet hulle die saak met die skool opneem, wat volle gesag het om 'n spesifieke program te hersien." Cheryllyn het gesê: "Die ACDP sal voortgaan om ouers en onderwysers aan te moedig om wakker te wees, en om die moed van hulle oortuiging te hê wanneer besluit moet word of hulle die materiaal gaan gebruik wat deur regeringsondersteunde organisasies soos ‘Planned Parenthood’ en ‘Lovelife’ verskaf word." (ACDP, 23 April)
"Afrika Christen Aksie" (ACA) herinner ouers dat hulle 'n reg het om verantwoording te vra van die Departement van Onderwys, omdat hulle belasting en skoolfondse betaal. Ouers kan seggenskap hê in dit wat hulle kinders geleer word, deur kontak met die skool se Beheerraad. Besondere waaksaamheid is nodig sover dit geslagsopvoeding, HIV/Vigs-onderrig en godsdiensonderrig aangaan. Daar is Christelike alternatiewe vir die "sondedeurdrenkte" programme.
Die volgende voorval dien as 'n voorbeeld van hoe 'n ouer se betrokkenheid 'n verskil kon maak:
Mev Kruger se kind woon 'n gevestigde skool in Kaapstad by. Haar kind is in graad 9. Sy het deur haar kind se Engelse leesboek, "Wie het Jimmy Valentine doodgemaak?" deur Michael Williams, geblaai. Sy was geskok om te ontdek dat haar kind verplig was om 'n boek te lees waarin kort-kort vloekwoorde voorkom. Sy is na die skoolhoof, wat haar na die Engelse Departementshoof verwys het.
Op sy beurt het hy haar weer verwys na die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WCED), omdat die boek deur die WCED as leesboek voorgeskryf is. Sy het met die WCED in verbinding getree, wat verduidelik het dat die boek vir graad 11 aanbeveel is, en dat die onderwyser aan die kinders kan verduidelik dat die vloekery in die boek onaanvaarbaar is. Vies oor die swak verduideliking, en nie afgeskrik deur die burokrasie van die onderwys nie, het sy 'n brief aan die skoolraad geskryf. Haar volharding is beloon - die boek is verwyder en deur 'n meer Christelike alternatief vervang! (ACA)

MACHT WEITER! (VOORWAARTS!) - BRIEF AAN DIE SWITSERSE VRIENDE, DEUR FANO SIBISI

My dierbare Switserse vriende
Te oordeel aan die Britse media-verslag, is die liberale media verlig dat die Switserse referendum oor aborsiewetgewing, die pro-aborsie denke begunstig het. Natuurlik sou ons dit anders wou hê, maar as ek daaroor nadink, styg my agting vir my broers en susters in Switserland, wat ondanks teenstand, voortstry vir die lewe van die ongeborenes.
Ek weet uit ondervinding dat baie mense met ons saamstem oor baie standpunte, insluitend die pro-lewe standpunt, maar as daar daadwerklik opgetree moet word, in die publiek op 'n verhoog, is dit te veel gevra. Sommiges sal nie eers gaan stem oor sulke belangrike sake nie. Dit is waarom ek groot respek het vir die Switserse Christene wat bereid is om die "gemaksone" te verlaat en die gevegslinies te betree.
Dit vat baie moed om jou kop uit te steek as jy weet die media wag net om jou aan te val.
Die Switserse Christene moes 'n bitter, selfs lasterlike aanval, ontbeer. Hulle is uitgejou as nougeset en outyds, in sommige gevalle is hulle selfs persoonlik beledig; nogtans het hulle bly staan.
Daar is diegene wat beweer dat hulle vir 'n saak staan, solank dit net nie hulle beursies raak nie. Ek weet vir 'n feit dat die Switserse broers en susters oorvloediglik gegee het om die lewens van ongebore babas te red. Die Gewer van lewe sal hulle ryklik beloon.
Een van die belangrikste uitvloeisels van hierdie aksie was die samewerking van die verskillende pro-lewe groepe. Dit vra baie wysheid en nederigheid. Dit is tragies om te sien hoe die duiwel ons eie ego gebruik om onmin te saai terwyl ons oor nietighede argumenteer. Terwyl ek my Switserse broers en susters waargeneem het, waar hulle saam met ander groepe gewerk het, was ek dankbaar dat hulle die doel in die oog bly hou het.
Nou weet ons reeds wat die uitslag was. Die Switserse aborsiewette gaan nou meer liberaal wees as ooit tevore. Die Pro-Aborsie groep is verheug. Vir hulle is dit 'n oorwinning, vir die vrou se reg op voortplanting. Die Pro-Lewe groep se kommentaar is: "Aborsie neem nie die feit weg dat jy swanger is nie. Dit maak jou net die ma van 'n dooie baba." Daar is oorgenoeg bewys dat aborsie nadelig is vir die moeder. Een dood, een gewond. Een is vermoor, die ander is die moordenaar... Die Pro-Aborsie mense haat natuurlik sulke reguit taal.
Nadat die Suid-Afrikaanse Regering die nuwe aborsiewet (Beëindiging van Swangerskap Wetgewing) in 1997 deurgeforseer het, het ons voortgegaan met lewenskettings en ander aksies. Eendag terwyl ek saam met ander Pro-Lewe kollegas voor die Durbanse stadsaal gestaan het, het 'n neef van my daar verbygestap en gevra wat ons maak. Toe ek vir hom sê, het hy laggend weggestap en gevra wat ons probeer doen, die wetgewing is alreeds goedgekeur. As alle Pro-Lewe ondersteuners só moes redeneer, sou die Pro-Lewe standpunt nie so 'n sterk invloed gehad het nie. In Amerika byvoorbeeld beïnvloed dit selfs presidentsverkiesings, lank ná 1973. Ons stry voort want ons glo die gety sal draai.
Luister na hierdie woorde van 'n Amerikaanse president: "Die erkenning en eer behoort aan hulle wat fisies in die arena dapper voortstry; hulle wat in groot toewyding hulleself uitgiet vir 'n waardige saak; hulle wat op die beste die triomf van groot prestasie ken, en op die slegste, as hulle misluk, misluk terwyl hulle alles waag. Hulle ken nie die plek van daardie skugtere en koue siele wat nooit oorwinning of neerlaag smaak nie." (Theodore Roosevelt)
Ek bring hulde aan my Switserse broers en susters, want deur hulle stryd wys hulle die wêreld dat hulle sowel kort- as langtermyn visie het.
In die kort termyn moet ons bewus bly van sulke lewensbelangrike sake soos Referendums, Verkiesings, Nasionale sowel as Plaaslike Debatte. Hierdie is wonderlike geleenthede om ons stem te laat hoor.
In die lang termyn gaan dit oor die finale oorwinning van lewe oor die dood. In hierdie saak wil ons aan die Here se kant wees. Ons weet dat die finale oorwinning aan Hom behoort.
My dierbare Switserse broers en susters, ons eer julle.

Jürg Läderach, President van CFT-Switserland, lewer kommentaar:

Dit was eintlik 'n onverwagte resultaat om met 72% te verloor vir "Fristenlösing" (die wetsvoorstel vir Aborsie) en 82% teen "Mutter und Kind" (Moeder en Kind - die wetsvoorstel teen aborsie).
Dit wys net hoe ver ons land al geval het.
Aan die anderkant het ons die geweldige werk wat deur die Pro-Lewe-groep gedoen is, gesien. Om so baie handtekeninge in te vorder, was 'n enorme taak. Daar was voorts 'n geweldige openbare inpak met al die plakkate en omtrent 3 miljoen pamflette wat uitgestuur is. Ons was sodoende in staat om mense in te lig en die bloed is nie aan ons hande nie. Nieteenstaande ons neerlaag, stry ons voort om in liefde ons landgenote in te lig… miskien sal die Here nog 'n verandering in hulle denke bring, dat hulle na God sal terugkeer.
Switserland kies 'n kultuur van die dood
"Watter groot hoop is daar nie te vinde in die kultuur van die lewe nie!
Wanneer 'n verwagtende moeder in 'n probleemsituasie ons hulplyn bel, kan ons haar hoop gee vir haar en haar baba. Ons hulp beteken ondersteuning en raad, nie die moord op haar baba nie. Na hierdie doel streef ons, selfs al is aborsie nou wettig. Waar daar lewe is, is daar hoop!" (Monica Dätwyler, verteenwoordiger van "Moeder en Kind")

‘OPERATION SUNRISE AFRICA’

'Operation Sunrise Africa' is die kode-naam van die grootste enkele evangeliese blitsuitreik wat nog ooit in suidelike en oostelike Afrika gehou is. Dit word ook die 50-50-50 visie genoem en is uit Maleagi 4:2 gebore, "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal."
Operation Sunrise Africa, word beplan vir 1 Julie - 20 Augustus 2002. Dit beoog om binne 50 dae 50 miljoen mense versprei oor 50 stede met die Evangelie te bereik (in Suid- en Oos-Afrika).
Vir meer besonderhede kontak:
INTERNASIONAAL:
Web-werf: www.operationsunriseafrica.org
E-pos: osa@cc.org.zw
EN VIR SUID-AFRIKA:
Web-werf: africaforjesus.org.za/osadurban
Posbus 2820, Pinetown, 3600, RSA
E-pos: osa@csa.co.za
Tel: (031) 702-2897, Faks: (031) 701-3954

SPESIALE VIDEO AANBOD

As deel van hierdie blitsuitreiking, vervaardig die Jesus Video Projek 1 miljoen kopieë van die Jesus-video. As gevolg van die groot oplaag is die video beskikbaar aan individue teen slegs R35 tot die einde van Augustus. Gewone kleinhandelprys is R94.
Die Jesus Video is beskikbaar aan kerke en Christelike organisasies teen R30 per video vir bestellings van 50 video’s indien betaling met bestelling geskied. (Beskikbaar in alle Suid-Afrikaanse tale.)
Pos of faks bestellings na:
Operation Sunrise Africa Media
Privaatsak X 74, Halfway House, 1685
Tel: (011) 315-2342, Faks : (011) 315-8386
E-pos:
JesusFilm@global.co.za

OUDERDOMSBEPERKING OP "THE PINK AGENDA" OPGEHEF

Die ouderdomsbeperking op "The Pink Agenda" is opgehef. ‘Christian Liberty Books’ (CLB), uitgewers van "The Pink Agenda" het die beperking vanuit die staanspoor teëgestaan, volgens Afrika Christen Aksie (ACA).
Die Film en Publikasie Raad (FPR) se Resensieraad het op 30 April byeengekom om die appèl wat ingedien is te oorweeg. In hulle appèl het CLB versoek dat die ouderdomsbeperking opgehef word en dat opmerkings wat deur die FPR klassifikasie-komitee gemaak is in hulle verslag (gedateer 30 Januarie) oor die boek en sy outeurs, teruggetrek word.
Die Resensieraad het gister in hul beslissing aan die publiek verklaar (2 Mei 2002), dat die skrywers vry is om enige opinie uit te spreek wat nie afdoende bewys is dat haat en geweld daardeur aangehits word nie. Die Raad het gesê: "Hierdie slotsom is spesifiek gegrond op die Resensieraad se opinie dat die publikasie gesien kan word, indien nie as 'n bona fide wetenskaplike dokument nie, dan ten minste as 'n bona fide bespreking, debat of denkwyse wat betrekking het op godsdiens, geloof, of gewete, of van openbare belang (is). Omdat daarvoor voorsiening gemaak word in die Wet, is dit gepas vir die Raad om hierdie voorwaarde te handhaaf."
Wat betref die Resensieraad se besluit om die beperking op die verspreiding daarvan deur die uitgewers aan onder 18’s, op te hef, vermeld die verslag dat "die aard van die publikasie in ag genome, dit moeilik is om te bewys dat dit skadelik kan wees vir enigiemand onder 18 wat toegang tot die boek het." Die Raad het met CLB saamgestem en aangedui (in die Raad se woorde): "Dit moet in ag geneem word dat kinders oor die algemeen reeds blootgestel is aan godsdienste, seks, homoseksualiteit en soortgelyk sake, hetsy in opvoedkundige en/of besprekingskonteks." Die verslag vervolg, "Die dilemma wat 'n oplegging van 'n ouderdomsbeperking sou stel, is dat ons uiteindelik met die omgekeerde eis sal sit, naamlik dat die homoseksuele gemeenskap nie sy saak sal stel aan enigeen onder 18 nie." (ACA, 3 Mei)
NB!! CHRISTENE VIR DIE WAARHEID ALGEMENE JAARVERGADERING – 6-8 SEPTEMBER 2002
Onthou asseblief beddegoed. Vir meer besonderhede kontak: (032) 481-5512.

 

revolv.gif (20906 bytes) CFT Home